Aasvoël

(Aegypiidae)

Aasvoël

Aasvoëls is roofvoëls in die familie Aegypiidae wat van afval en aas lewe. Hulle is meesal groot voëls en het tipies ‘n min of meer kaal kop. Navorsing het getoon dat hierdie veerlose koppe ‘n belangrike rol mag speel in hitteregulering. Die kloue is nie baie sterk ontwikkel nie, maar die bek is kragtig en word gebruik om die vel van die dooie dier af te skeur. Die sig is baie sterk ontwikkel en die aas kan baie ver gewaar word. Een of twee eiers, na gelang van die soort, word gelê. Die nes, ‘n platform van takkies, word in bome, op die grond of op kranslyste gebou. Aasvoëls word in alle wêrelddele aangetref, behalwe Antarktika en Oseanië.

Aasvoëls val selde gesonde diere aan, maar kan beseerdes of siekes aanval. Groot getalle is al op slagvelde opgemerk. Hulle wurg ‘n groot hoeveelheid voedsel af wanneer vleis of prooi volop is tot die krop volkome uitgedy is en sit dan slapend of in halwe turpor om hul voedsel te verteer. Hulle dra nie voedsel in die kloue na hul kuikens nie, maar bring dit uit die krop op.

Foto’s Hieronder