Arend en valk






Arend en Valk [MEER]
Arende of adelaars is groot roofvoëls wat lede is van die voëlfamilie Accipitridae en aan vele genera behoort wat nie noodwendig nabyverwant aan mekaar is nie. Arende word hoofsaaklik deur hulle grootte, kragtiger bou en swaarder kop en snawel onderskei van ander roofvoëls. Selfs die kleinste arende, soos die Dwergarend (wat vergelykbaar in grootte met Jakkalsvoëls en sekere valke is), het relatiewe langer en meer eweredig breër vlerke, en ‘n meer direkte, vinniger vlug. Meeste arende is groter as enige ander roofvoëls behalwe aasvoëls.
Roofvoëls verwys meestal na twee nie-verwante ordes van voëls, naamlik: die Accipitriformes en die Falconiformes. Hulle is oor die algemeen vleisvretende voëls wat op hul prooi jagmaak. Hulle vang gewoonlik hulle prooi op die grond, in die lug of in die water. Sommige spesies vreet die karkasse van ander diere. As gevolg van hulle predatoriese gedrag is hulle gewoonlik aan die bopunt van die voedselketting.
Hierdie voëls is meestal groot en het skerp sintuie (soos goeie visie) wat hulle hul prooi help opspoor. Hulle het ook sterk kloue met skerp naels. Hulle snawels is groot en skerp sodat dit vleis kan skeur.