janfrederik

 

Janfrederik

Daar is 14 Cossypha janfrederik spesies in Afrika. Hulle is mediumgrootte lysters en die geslagte is eenders. Daar is baie rooi in die verekleed en baie spesies het ‘n wit wenkbroue. Die jeugdiges is gespikkeld bo en gevlek onder, maar die stertpatroon is dieselfde as dié van die volwassenes.

Hierdie voëls het lang voetwortels(tarsi) en word gewoonlik op of naby die grond in woude of ruigtes gevind, alhoewel sommige spesies in tuine wat naby beboste gebiede is, voorkom. Hulle is die aktiefste teen dagbreek en skemer. Hulle is bekwame sangers en boots dikwels die geluide van ander spesies na.

Sangvoëls is bekend vir hulle musikale getjirp. Hulle het ‘n besonder goed ontwikkelde sirinks (stemorgaan) wat hulle op musikale gebied van ander voëls onderskei. Sewe spiere word ingespan om verskillende note te produseer.

Foto’s Hieronder