luiperd

(Panthera Pardus)

Luiperd

Die luiperd (Panthera pardus), voorheen as bergtier of tier bekend, is ‘n spesie uit die katagtiges wat oor Afrika en Asië versprei is. Verder kom hy ook in Kaukasus en dus op die buitenste randgebied van Europa voor. Die luiperd is naas die tierleeu en jaguar die vierde grootste grootkat. Die dier het ‘n vaalgeel tot rooibruin pels met swart, rosetvormige kolle. ‘n Melanistiese subspesie, die sogenaamde swart panter, word ook aangetref.

Die mannetjies en wyfies lyk eenders, maar eersgenoemde is gewoonlik groter. Die luiperd se beenkonstruksie is van so ‘n aard dat dit die skok van ‘n sprong baie goed kan absorbeer. 

Die luiperd is ʼn alleenlopende nagdier. Luiperds wat in gebiede woon waar hulle nie bedreig word nie, sal egter gedurende die dag ook jag. Andersins hou hulle bedags in bome of ander skuilplekke en jag snags.

Foto’s Hieronder