maan






Leeu
Die leeu (Panthera leo) is ‘n soogdier van die familie Felidae en een van die vier “groot katte” in die genus Panthera. Dit is die naasgrootste katspesie ná die tier. Mannetjies kan maklik herken word aan hulle maanhare en weeg tussen 150 en 250 kg, terwyl wyfies tussen 120 en 150 kg weeg. Leeus kom in hul natuurlike omgewing tans in Afrika suid van die Sahara en in Asië voor. In Asië word ’n kritieke bedreigde oorblywende bevolking in die Gir-woud Nasionale Park gehou, waar hulle reeds vroeër in Noord-Afrika en Suidwes-Asië uitgesterf het. In die natuur word leeus tussen 10 en 14 jaar oud, terwyl dié in gevangenskap tot oor die 20 jaar oud kan word. In die natuur sal leeumannetjies selde ouer as tien jaar word, weens die beserings wat hulle gedurig in gevegte met mekaar opdoen en wat hul lewensduur verkort. Leeus geniet ‘n warm klimaat en jag in groepe. Hul tipiese habitat is die savanne en grasvelde, hoewel hulle ook na die bosse en woude kan wend. Wat ongewoon van leeus is, in vergelyking met ander katsoorte, is dat hulle ’n sosiale spesie is.