Lake naverone

 

Lake Naverone

In ‘n vallei tussen die voorheuwels van die Suidelike Drakensberge – ‘n Wêrelderfenisgebied – lê ‘n afgesonderde meer, ‘n natuurlike heiligdom ver van die afleidings van die moderne lewe.

Dit is hier waar Paul en Jenny van Tichelen gekies het om hul droom uit te leef, en dit met ander te deel. Lake Naverone is ‘n idilliese Berg-toevlugsoord waar jy en jou gesin regdeur die jaar ‘n ware natuurlike ervaring te midde van hierdie Wêrelderfenisgebied kan geniet.

Die meer en omliggende landgoed van 400 hektaar bied ‘n wonderlike omgewing vir ‘n verskeidenheid buitemuurse aktiwiteite soos forelhengel (rivier en meer), voetslaan, bergfietsry, perdry, voëlkyk en fotografie.

Foto’s Hieronder