olifant
(Loxodonta Africana)






olifant
Die olifant (Elephantidae) is ‘n familie van groot soogdiere wat aan die orde van slurpdiere behoort. Die familie omvat twee lewende genera wat drie lewende spesies bevat: die savanne-olifant (Loxodonta africana) wat in Sub-Sahara Afrika voorkom, die Afrika-woudolifant (Loxodonta cyclotis) van Wes- en Sentraal-Afrika en die Asiatiese olifant (Elephas maximus) wat in Indië en Suidoos-Asië voorkom.
Met ‘n maksimum gewig van 7 500 kg (Afrikaanse olifant) is olifante die grootste lewende landdiere. Daar is vandag nog twee lewende spesies, naamlik die Afrikaanse en die Asiatiese olifant. Die Asiatiese olifant is onder meer kleiner as die Afrikaanse olifant en sy ore is ook relatief klein.
Die Afrikaanse olifant is groter (3 tot 4 m hoog by die skouer) en swaarder (tot 7 500 kg) as die Asiatiese olifant (2,5 tot 3 m hoog, met ‘n massa van ongeveer 5 000 kg). Die ore en slagtande van die Afrikaanse olifant is ook groter as die van die Asiatiese olifant, en die slurp van die Afrikaanse olifant eindig in twee vingeragtige verlengings teenoor die enkele verlenging van die van die Asiatiese olifant.