tafelberg

 

Tafelberrg

Tafelberg is ’n berg van 1 km hoog in Suid-Afrika met ’n uitsig oor Kaapstad en die Kaapse Skiereiland. Dit het ’n kenmerkende plat plato, wat ’n mesa genoem word, en strek omtrent drie kilometer van punt tot punt. 

’n Kabelspoor neem besoekers van ’n kabelstasie aan die westelike berghang na die kruin. Van daar is ’n asemrowende uitsig oor Kaapstad, Tafelbaai, Leeukop, Vlaeberg en Robbeneiland in die noorde, asook die Atlantiese kuslyn in die weste en suide. Op die berg is ’n restaurant en winkels.

As ’n mens suid oor die stad na Tafelberg kyk, sien jy links (oos) die driehoekige Duiwelspiek (1 000 m) en regs die ronde Leeukop (669 m) en Vlaeberg (Seinheuwel). Tafelberg se plat bokant word gereeld deur wolke bedek, bekend as die “tafeldoek”. Dit is stuwingswolke wat gevorm word wanneer ’n suidoostewind teen die berghange opwaai na kouer lug, waar die vog in die wind kondenseer en wolke vorm.

Foto’s Hieronder