wolke

 

Wolke

‘n Wolk is ‘n sigbare massa vloeistofdruppels of bevrore kristalle wat in die atmosfeer hang, bo die oppervlak van die aarde of ander hemelliggaam. Die term word ook gebruik om na sigbare massas in die ruimte wat deur swaartekrag aangetrek word te verwys, soos interstellêre wolke en nebulae.

Op die aarde bestaan wolke tipies uit waterdamp, wat klein druppel of yskristalle vorm, gewoonlik 0,01 mm in deursnee. Wanneer biljoene druppeltjies of kristalle saamgegroepeer is, is hulle sigbaar as wolke.

Die grootte van die waterdruppels le tussen ongeveer 0,01 en 0,1 mm en die aantal wissel naastenby om 500 per cm3. Wolke word in die onderste lae van die atmosfeer (troposfeer) aangetref en hulle maksimale hoogte hang af van die geografiese breedte waaroor hulle voorkom.

Foto’s Hieronder