Houtkapper

 (Lybiidae / Picidae) 

Houtkapper

Afrika se houtkappers, tinkers en spegte verleen kleur, klank en karakter aan ons tuine en bosvelde. Hoewel houtkappers en tinkers aan die familie Lybiidae behoort, verskil hulle van die ware spegte, wat deel vorm van die familie Picidae.

Die groter houtkappers is bekend vir hul swaar snawels, helder kleure en kenmerkende roepe. Die kleiner tinkers, dikwels makliker gehoor as gesien, vul die bos met hul metaalagtige “hamer”-roepies.

Spegte is die ware timmermanne van die voëlwêreld. Met spesiaal aangepaste skedels, sterk pote en stywe stertvere kap hulle deur harde hout op soek na insekte.

Op hierdie blad kan sommige van Suid-Afrika se mees interessante houtbewonende voëls gesien word.

Foto’s Hieronder