duif

(Columbidae)

Duif

‘n Duif is ‘n voël wat aan die familie Columbidae en die orde van duifagtiges (Columbiformes) behoort — die familie omvat die hele orde. Die familie bestaan uit sowat 316 spesies. Hul wetenskaplike familie- en ordename is van “columba”, die Latynse naam vir ‘n duif, afgelei.

Dié vegetariese voëlfamilie (en -orde) is tuis in dorre sowel as nat streke, en toon ‘n aansienlike variasie in liggaamsgrootte. Sommige leef in ‘n noue verwantskap met mense, en etlike spesies trek voordeel uit menslike aktiwiteite en landbou. Die meeste is standvoëls, maar hulle kan daagliks pendel na voedingsareas, lokaal rondtrek na vrug- en bessiedraende bome, of nomadies wees in woestynareas. Hulle benut terrestriële sowel as boomhabitatte, en sommige verlaat nooit die woudbaldakyn nie. Die terrestriële saadvretende en arboreale vrugtevretende spesies word in Engels onderskeidelik as “doves” en “pigeons” onderskei. Die “doves” is oorwegend kleiner gebou met korter, meer geronde sterte.

Foto’s Hieronder