reier

 (Ardeidae) 

Reier

Reiers is voëls wat aan die familie Ardeidae behoort en het lang snawels, nekke en pote. Reiers kom by water voor. In broeidrag het talle reiersoorte lang, haaragtige pluime op die rug en/of onderbors, terwyl ander heeljaar lang pluime op die agterkop dra. Reiers vlieg met die nek tussen die skouers ingetrek en verskil só van ibisse, flaminke, ooievaars en kraanvoëls. Hulle stygsweef selde. Talle reiersoorte is skugter alleenlopers, terwyl ander in groepe hou en meer opvallend is. Hulle gaan geredelik in bome sit en maak in bome, tussen riete óf selfs op die grond nes. Reiers se kras, skor geroep word veral gehoor wanneer hulle opvlieg.

Wanneer hulle vlieg, trek hulle hul nekke in en strek die pote uit. Reiers se vere word nie met ʼn vetafskeiding uit die stuitklier waterdig gehou nie, maar met die punte van spesiale vere (poeierdonsvere) wat mettertyd verpoeier. Hierdie vere kom op die bors, weerskante van die stuitjie en soms ook in die lieste voor. Talle reierspesies vertoon in die paartyd pronkvere op die kop, nek of rug

Foto’s Hieronder